dikbek
b.nw. (plat)
Deur ’n [opsetlike] botte stilswye onvriendelik en onaangenaam; bot en stuurs swygsaam; met ’n verstoorde uitdrukking op die gesig; nukkerig, stuurs, nors; vol van ergernis, kwaad; dikmond, -lip: Die werkers is weer dikbek vanmôre. Dikbek sit, rondloop. ≈ Dan verdra ek my teleurstelling en kwellings liewer dikbek, maar as ’n man (F. Steyn).