• 09/06/2022

dikding & olanna

dikding (dik-ding) s.nw., dikdinge. (geselstaal; gew. t.o.v. mans)

Vername, gesaghebbende of invloedryke persoon na wie daar vanweë sy ervaring en gesag opgesien word as leier of aanvoerder, dikw. van ’n bende: Die Beer is die dikding, die groot generaal van die 26’s (A. Phillips: Hart, 2013, 151). Eskom laat 4 dikdinge by die huis sit … Eskom het vier hoë bestuurslede … geskors hangende ’n onafhanklike ondersoek na die kragverskaffer se sake en uitdagings (Son, 13 Mrt. 2015, E).

olanna (o-lan-na) s.nw., olannas. (geselstaalverouderend) (<Maleis Olanda, “Hollander”)

Belangrike persoon.

Deel op Sosiale Media