• 13/12/2022

Dr Botha met huldigingsbundel vereer

Tydens ’n afskeidsdinee wat op 6 Desember 2022 deur die WAT-personeel vir die uittredende hoofredakteur en uitvoerende direkteur, dr. Willem Botha, gehou is, is hy met ’n huldigingsbundel vereer vir sy 35 jaar in diens van Afrikaans in die algemeen en die Woordeboek van die Afrikaanse Taal in die besonder. Hierdie bundel, wat ’n spesiale uitgawe van die leksikografiese vaktydskrif Lexikos is, bevat sowel persoonlike as akademiese bydraes deur kollegas, oudkollegas en vriende van dr. Botha in die Afrikaanse taalkunde en die plaaslike en internasionale leksikografie.

Lees gerus die bundel getiteld ’n Man met ’n plan hier.

Dr. Willem Botha saam met sy vrou, Tersia, en sy dogter, Giselle.

Deel op Sosiale Media