• 22/10/2021

eldorado

s.nw., eldorado’s.

1 Heerlike en gelukkige verblyfplek; paradys: Die vrugbare vallei met sy bome en waterstrome is ’n ware eldorado.
2 Fabelagtige goudland: Volgens die legende van die eldorado was dit die gebied van ’n groep in Suid-Amerika wat baie ryk was aan goud en edelgesteentes en waarvan die hoof elke jaar by die offerfees gesalf en met goudpoeier bestrooi is. ≈ Daar is goud in Transvaal — die grootste eldorado wat die aarde ooit geken het (R.B. de Villiers).
3 Soort pruim.

Deel op Sosiale Media