• 07/10/2021

Huisgenoot “rinkink” met die WAT

Die hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), dr. Willem Botha, het op 10 Junie 2016 by Huisgenoot gaan inloer om ’n sertifikaat aan Henriëtte Loubser, hul redakteur, te oorhandig nadat Huisgenoot die woord “huisgenoot” eksklusief geborg het. Willem het ook ’n bottel Rinkink uit die WAT se eie wynreeks, Sluk jou Woorde (“elke sluk vertel ’n storie”), aan die redaksie geskenk. Hy het die redaksie aangespoor om die WAT se elektroniese weergawe te gebruik, wat die volle inhoud van die gedrukte WAT’s van die begin van die letter A tot by “skooier” bevat. Daarvan het hy ’n eksemplaar aan ons geskenk tesame met ’n CD van die Etimologiewoordeboek van Afrikaans en ’n nuttige sakpaswoordeboek Basic Afrikaans, the Top 1000 Words and Phrases.

Deel op Sosiale Media