• 04/03/2022

iesegrimmig & ietermago

iesegrimmig b.nw. Knorrig, nukkerig, nors.

Uit Nederlands iezegrimmig, ’n afleiding met -ig van iezegrim. Nederlands iezegrim kom uit iser yster en grime masker, m.a.w. man met die ystermasker of figuurlik gedugte teenstander.

ietermago s.nw. Ook ietermagog.

Reptielagtige, grondbewonende soogdier met ’n smal, spits kop, ’n breë, plat stert en growwe skubbe. Ietermago kom waarskynlik uit Tswana machocho mier of magogwe “ratel. Die ietermago se eetgewoontes herinner aan dié van ’n erdvark of miervreter en sy verbreking van ’n miernes aan die manier waarop ’n ratel ’n bynes benader.

Deel op Sosiale Media