• 04/07/2025

Jou lyf ’n lekker tyd gee

idiomatiese uitdrukking

(streektaal) (Suidwestelike Afr. Kaaps)

Iets geniet: Ná ’n halfuur is almal dik gerook in die wendyhuis. Cobie weet nie wanneer laas hy so lekker gevoel het nie … Hy het lanklaas sy lyf so ’n lekker tyd gegee (E. Jason: Gerook2, 2015, 72). Die dames het behoorlik hul lyf ’n lekker tyd gegee op die dansvloer (Kuier, 10 Jul. 2019, 38 — byskr.).

Deel op Sosiale Media