• 22/11/2024

kakografie & kakografies

kakografie s.nw., kakografieë.

1 Swak skrif, slegte, lelike handskrif; teenoor kalligrafie.
2 Onjuiste, foutiewe spelling; teenoor ortografie.
3 Geskrif waarin growwe taal- en spelfoute voorkom; versameling sinne of opstelle waarin opsetlik foute gemaak is, gebruik as oefening vir leerlinge om die foute te verbeter.

kakografies b.nw.

Van, betreffende [’n] kakografie; wat betrekking het op swak skrif of slegte spelling: Die testament was ’n kakografiese geskrif, soos van iemand wat kontak met die beskawing verloor het.

Deel op Sosiale Media