• 23/10/2023

kaskade

(kas-ka-de) s.nw., kaskades.

1 a Kleinerige waterval, veral een waarby die water trapsgewys van rots tot rots val, soos dikw. teen bergkranse of in bergklowe aangetref of kunsmatig in tuine aangelê word: Die kaskade vertoon pragtig tussen die weelderige groen plantegroei van die kloof.
b Enigiets wat aan so ’n waterval(letjie) laat dink, veral ’n vorm van vuurwerk wat ’n waterval naboots of ’n los, golwende val, bv. van kant, as versiering aan ’n kleed, ’n lang, loshangende, golwende bos hare, e.d.: Sy het haar hare uitgeborsel en die sy- en agterkante in ’n sagte kaskade van krulle saamgevat. 
2 (tegniek) Reeks, serie van soortgelyke toestelle of apparate wat op so ’n wyse gekoppel is dat elk die volgende in die reeks laat werk, dikw. die opbrengs daarvan versterk.

Deel op Sosiale Media