• 07/06/2024

koaliseer & koalisionis

koaliseer ww., gekoaliseer. (weinig gebruiklik) Ook soms, verouderd, koalesseer.

’n Koalisie vorm: Op die vraag of dit nie weghardlopery is as ons koaliseer omdat ons bang is dat ons sal verloor, het genl. Hertzog gesê … (Burg., 2 Sept. 1933, 2). Ek wil aan die lesers en kiesers voorstel dat … (die politieke partye) koaliseer (Beeld, 2 Nov. 1969, 16).

koalisionis s.nw., koalisioniste.

Voorstander, ondersteuner of lid van ’n koalisie (bet.1), ’n koalisieparty of koalisieregering (bet. 1): Die (kiesers) … (sal) hul ondersteuning aan dr. S. gee, want hy is ’n koalisionis (Burg., 9 Mrt. 1933, 1).

Deel op Sosiale Media