korrel-korrel
s.nw. Iter. van korrel.
I ww., gekorrel-korrel. Herhaaldelik of voortdurend korrel: Hy korrel-korrel en smyt dan die bal met alle geweld na die doel (Huisg., 10 Jan. 1958, 11).
II bw. Terwyl daar herhaaldelik of voortdurend gekorrel word; [al] korrelend(e): So korrel-korrel met die een oog, het hy sy hand voel-voel ingesteek om te kyk of hy ‘n kinkel in die kabel kon kry (Burg., 22 Des. 1981, 4). Ouboet het dadelik met sy kamera uitgewip en korrel-korrel nader geskuifel (Burg., 22 Aug. 1963, 6).