• 20/12/2024

krismiskat

s.nw. (ook met ’n hl. Krismiskat)

In die uitdrukking soos ’n krismiskat lyk, geklee, getooi, opgesmuk, uitgevat, e.d. — gesê van iemand met opvallende, dikw. oordadige of smaaklose versierings aan sy (haar) persoon of klere, veral iemand wat ’n (groterige) strik dra, bv. ’n haarstrik by ’n dogtertjie, ’n strik aan die rok van ’n vrou of ’n strikdas by ’n man: Ek (moes) al weer soos ’n krismiskat geklee gaan aansit by ’n dis by ’n eetplek (Oost., 7 Febr. 1973, 6).

Deel op Sosiale Media