• 15/10/2021

luiperd & luiperdkruip

luiperd s.nw. Katagtige roofdier waarvan die liggeel vel met donker vlekke oortrek is.
Uit Nederlands luipaard, luiperd uit Oudfrans lupart uit Latyn leopardus, ’n samestelling van leo “leeu” en pardus “luiperd”.

luiperdkruip s.nw., ww. (weermagtaal) Kruipbeweging waarby die elmboë en knieë as hefbome gebruik en die res van die lyf so plat as moontlik teen die grond gehou word, of kruip deur sodanige beweging uit te voer.
Uit luiperd en kruip, as leenvertaling van S.A. Eng. leopard-crawl.
Die beweging word so genoem omdat dit aan ’n luiperd wat sy prooi bekruip, herinner.

Deel op Sosiale Media