• 31/08/2020

megalomaniak

s.nw.

Iemand wat aan grootheidswaansin ly of dit openbaar; sinoniem megalomaanDie verskriklike tragedie van ’n misplaaste eiewaarde kan eenvoudig nie oordryf word nie. Die ongebalanseerde mens, die megalomaniak, sal nie stuit vir moord om sy doel te bereik nie (R. Meiring: Skerm, 1945, 167). The Police onder aanvoering van die briljante megalomaniak, Sting, is die een groep ter wêreld wat Shea Stadium sal kan volmaak met ’n optrede … The Police loop wel oor van hul eie grootheid, maar is te geniaal vir kritiek van ’n rockjoernalis (Sarie, 9 Mei 1984, 142).

Deel op Sosiale Media