• 25/02/2022

oogpoeding & doef-doef-musiek

oogpoeding s.nw. (n.d. Eng. eye candy)

Iemand wat besonder aantreklik is of iets wat esteties goed vertoon: Tot voor hierdie sege was D. hoofsaaklik bekend as die meisie wat al met die Spaanse speler F.V. uitgegaan het. Sy is egter self ’n baie aanvallige speler en sal S. se mantel as die “oogpoeding” met waardigheid dra (Beeld, 25 Jun. 2009, 26).

doef-doef-musiek s.nw.

Musiek met diep, luide en herhalende basklanke: Die Afrikaanse musiekmark word tans gekenmerk deur swak lirieke, goedkoop rymelary en ’n oormaat doef-doef-musiek (Beeld, 3 Jul. 2013, 10).

Deel op Sosiale Media