• 23/10/2020

ops

1ops (kindertaal)
    I tussenwerpsel Uitroep waarmee iemand aandui dat dit sy of haar beurt is om iets te doen, of waarmee versoek word dat iets, veral kos, vir die persoon gegee word of gedeel word: Ops! Gee my ook!
    II ww., het geops.
    1 Eerste reg hê op: Ek ops jou poeding! Ek ops jou toppa! (Aberdeen).
    Gee of vir iemand gee: Ops my ook! (Parys). Ops daar (Reitz). (Ook opgeteken in Johannesburg).

2ops s.nw., opse. (weermagtaal) Operasie: ’n Ops word diékant toe uit beplan en die pad is tien teen een gemyn. Twee seksies van die genie moet solank begin skoonmaak (Huisgenoot, 3 Des. 1976, 16).  

Deel op Sosiale Media