• 12/01/2024

opskeploer

ww. (geselstaal) (gew. saam met kom of gaan) Ook soms opskep loer.

Met etenstyd by iem. aandoen m.d. hoop om vir ete genooi te word; sin. op opskep loer (ongewoon): Daar’s nie tyd om met knapsakkos te foeter nie. Hy sal maar vanaand by tant Bet gaan opskeploer (T. Kotzé: Latjieboud, 1972, 18). Hier is geld vir kos en ’n koeldrank … Moet tog nie by ander gaan opskeploer nie (Oost., 18 Apr. 1975, bylae, 2). Nog ’n stap erger as die bloot ongenooide gas, is dié gaste wat kom opskeploer … Mens is nie altyd voorbereid vir meer as net jou huismense vir ete nie (Boerd. S.A., Des. 1970, 62).

Deel op Sosiale Media