
pellie-pellie
b.nw. Iter. van pellie.
Oorvriendelik, eie, of enigsins kruiperig, of wat van so ’n houding getuig; sin. tjommie-tjommie (geselstaal): Sy kritici het gehoop dat sy pellie-pellie benadering dalk tog kan help om M. die nodige invloed en gesag te gee sodat hy … Z. kan help om ’n meer konstruktiewe benadering te volg (Beeld, 11 Aug. 2000, 12).
• Ook byw.: Die twee voer onderlangs ’n gesprek en loop pellie-pellie voort (K. v.d. Merwe in Huisg., 16 Aug. 1974, 16).