• 08/08/2025

pirouette

I s.nw., pirouettes.

1 Vinnige draaibeweging om die eie as, veral vinnige volle draai v.d. liggaam, in ballet uitgevoer op een been en wel op die punt v.d. toon of bal v.d. voet: Wanneer pirouettes … uitgevoer word, moet die danser sy kop regop hou en stip na ‘n kol reg voor hom kyk (Greyling – Minnaar, verw.: Ballet, 1979, 22).

2 (t.o.v. ruiterkuns) Op ‘n handgalop ‘n volle sirkeldraai op een plek om die agterpote maak: Die (Lipizzaner)span … voer pirouettes en drafstappies uit vir ‘n internasionale gehoor in die binnenshuise rysaal (Panorama, Mei – Jun. 1990, 64).

II ww., het gepirouette.

Deel op Sosiale Media