• 01/11/2019

ravot

ww., het ravot of het geravot. (verouderd) (<Fr. rabot, “twis”)

1  Uitbundig, wild of luidrugtig speel of plesier maak, dikw. op ’n manier wat as steurend of oordrewe ervaar word:  Ek en my sussie het die dag lank ravot en was vroeg in die kooi (Rapport, 24 Des. 2000, 17).

2  (ongewoon)  Op ’n vurige of hartstogtelike manier vry of met mekaar omgaan:  Xenia het verwelk vandat Fien gekom het en Johann met háár begin ravot het (A. v. Heerden: Tuin van Herinneringe, 1950, 200).

Deel op Sosiale Media