• 11/02/2022

ronkedoor

s.nw., ronkedoors. (ongewoon) (Port. roncador, “snorker”)

1 Olifantbul wat uit ’n trop verstoot is, of wat alleen hou: Ronkedoor is die naam wat die vroeë jagters aan die olifant gegee het in navolging van die geluid van sy waarskuwende trompetter (Insig, Febr. 1989, 46).
2 Manlike persoon wat asosiaal of afsydig is: Haar pa het navorsing gedoen oor die tsetsevlieg. Hy word die ronkedoor – die pionier wat van sy trop weggeloop en Afrika gaan verken het (Die Burger, 17 Nov. 1988, 4).

Deel op Sosiale Media