• 31/03/2023

rooigesig

b.nw.

1 Met ’n rooi gesig, gewoonlik vanweë inspanning, woede of verleentheid: ’n Rooigesig M. lees vir hulle die Leviete voor en sê dit gaan so beroerd met die (rugby)span omdat niemand kan ernstig wees nie (Beeld, 14 Jun. 2003, 10). Een vroulike fotograaf … (is) deur ’n groot, rooigesig Engelse fotograaf met sy paar nommer tien skoene op die grond vasgetrap (Die Burger, 23 Mrt. 1995, 2).
2 (geselstaal) VERLEË: N. was … rooigesig en kon nie aan die wetgewer verduidelik waar die (begrotings)dokumente was nie (Die Burger, 11 Mei 2005, 8).
■ Ook byw.: Drie verkeersbeamptes … het … rooigesig langs die pad gestaan nadat hulle … van hul amptelike motor beroof is (Volksblad, 20 Jan. 2003, 1).

Deel op Sosiale Media