• 24/03/2023

sabander

(sa-ban-der) (verouderd)

I tw. Uitroep waarmee iemand beveel word om ’n ander persoon nie te pla nie of uit sy of haar pad te kom: Sabander! Jy’s in die pad hier!Toe. Sabander. Voor ek slaan aan jou (C.J. Langenhoven: Werke II, 1956, 192).
II ww., het gesabander. Hardloop of vlug: Die honde spring weg … Aitsa, kyk dan hoe sabander so ’n druiloor nou (R. Britz: Lokstem, 1945, 236). Noudat die … manne hulle so skrikgemaak het, wil party net sabander tot in Namakwa se land (J. Rabie: Anders-Maak, 1964, 89).

Deel op Sosiale Media