• 04/05/2023

sabrage

(sa-bra-ge) s.nw. (Fr.)

Tegniek of gebruik van ’n sjampanje- of vonkelwynbottel oop te maak deur die stompkant van ’n sabel langs die kant van die bottel van onder na bo te trek totdat dit die lip tref en die kraag met die kurk daarin onder die druk van die sjampanje of vonkelwyn afskiet: Sabrage … word met ’n flink pols beoefen (Beeld, 27 Okt. 2012, E). Sy (die wynmeester) het … die eerste ontvanger geword van … die Villiera-swaard, soos die een wat gebruik word vir die sabrage van vonkelwyn (Die Burger, 14 Mei 2010, Landboubylae, 3).

Deel op Sosiale Media