• 18/09/2020

sakkie-sakkie

(ook sonder ’n koppelteken sakkiesakkie)  ww., het gesakkie-sakkie.

1 Op tradisioneel Suid-Afrikaanse manier langarm dans, veral op die maat van boeremusiek: Ek kon net sakkie-sakkie en van danspassies het ek nie veel geweet nie (Vaderland, 1 Okt. 1985, 11). Ons het leer sakkiesakkie. Almal op die dansvloer is baie vrolik! (Rapport, 29 Aug. 2004, 5). Daar was ’n handvol mense wat die stoom uit die klipvloer van die ou pakhuis gesakkie-sakkie het (Rapport, 11 Jun. 2000, 5).
2 Sakkie-sakkie-musiek maak of speel: Toe die aand aankruip middernag toe het ’n orkes gesakkie-sakkie (Die Burger, 13 Jan. 1993, 10).

Deel op Sosiale Media