• 01/08/2022

semelpop

(se-mel-pop) s.nw., semelpoppe.

1 Lappop wat met semels opgestop is en waarvan die ledemate besonder beweeglik is: Die stroom … tol hom in die rondte soos ’n semelpop, suig hom onder (A. Vermeulen in Huisgenoot, 23 Sept. 1982, 159). Die ou man … (lê) soos ’n semelpop in sy stoel … en … snork (H. Aucamp: Wolwedans, 1973, 74).
2 Iemand wat willoos is en sonder karakter: Sy (die hoofkarakter) is intelligent, sensitief en godsdienstig, maar beslis nie ’n slap semelpop nie (Die Burger, 11 Aug. 1988, 11). Hierdie pa met sy “stentorstem” is darem baie hardvogtig en onverdraagsaam — miskien maar omdat Dolf so ’n semelpop is! (Die Burger, 11 Febr. 1988, 12).

Deel op Sosiale Media