shammy
(sham-my) s.nw., shammies. (‹Frans chamois, “gems”)
Sagte seemsleerlap of sintetiese produk met soortgelyke eienskappe, wat gebruik word om ’n voertuig, vaartuig, of dergelike mee te was en af te droog: Jy kan die motor natuurlik laat droog word, of vryf dit blink met ’n sagte shammy (Die Burger, 12 Jun. 2006, Jip, E). Besoekers (het) saamgedrom om na dié “eienaardige katsoort” (die sfinks) te kyk. “Vat aan hom, hy voel net soos ’n shammy,” het M. geskerts (Beeld, 5 Jul. 1999, 3).