
Basic Afrikaans
Die idee agter hierdie woordelys is om nie-Afrikaanstalige studente op Afrikaanse kampusse te laat welkom voel. Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is in 2009 deur die Vriende van Afrikaans genader om ‘n lys van die duisend nuttigste woorde in Afrikaans op te stel wat ‘n student nodig sou hê om mee oor die weg te kom op ‘n oorwegend Afrikaanse kampus.



