• 18/11/2022

siswarm

b.nw.

1 So warm dat dit sis: Verbruin hulle (die varkpote) dan onder die rooster en bedien op siswarm borde, met baie peperwortelsous in bakkies langs elke eter se bord vir saamsmul (Beeld, 14 Jul. 1995, Kalender, 8). Verhit botter in braaipan tot siswarm. Voeg heel piesangs by en roerbraai vir sewe minute (Burg., 27 Sept. 1989, 21).
2 Wat ’n sterk seksualiteit uitstraal of openbaar: In die geval van Danny is daar ’n ander moontlike romantiese belangstelling op die horison: ’n siswarm argitek met die naam Lindsay (Rapport, 10 Okt. 1997, 26).

Deel op Sosiale Media