• 15/12/2023

sjoekran

(sjoe-kran) tw. (i.d. taalgebruik van Moesliems) Ook shoekran en shukran. (‹Arab. shukran)

DANKIE: Sy vlieg op en hardloop … Oor haar skouer sien sy dat oom Moshe haar agternasit … Liora hardloop koes-koes tussen vroue deur … Toe sy haar in ’n doodloopgang bevind, lig ’n jong vrou … haar voorskoot en laat dit oor haar sak. “Sjoekran, Jaseena,” sê Liora. Dis een van die min Arabiese woorde wat sy ken: dankie (J. v. Tonder: Verevrou, 2019, E) Sjoekran, thank you, baie dankie en enkosi vir die voorbeeldige manier waarop die hongeres gevoed en ondersteun word (Son, 16 Mei 2020, E).

Deel op Sosiale Media