• 21/02/2025

skoppelmaai

(skop-pel-maai) s.nw., skoppelmaaie. (verouderend) Ook, verouderd, skoplamaai en skoppermaai.

SWAAI I 1 —  Toestel wat bestaan uit ’n sitplek wat gew. met twee toue of kettings aan ’n dwarsbalk, tak, of dergelike bevestig is, waarop iem. kan sit en self vorentoe en agtertoe beweeg, of deur iem. anders gestoot kan word: Skoppelmaai ry.Die tuin is verwaarloos … met hoë gras en n skoppelmaai en n yslike hond wat eenkant lê en slaap (E. Steenberg: Moerasloper, 1968,36). Die kleinspan (ravot) op die skoppelmaaie onder die ou peerbome (E. Vermeulen:Elsa, 1944, 20).
■ Ook ww.: Tant Krissie was haastig om by haar hoenders en dinge te kom, en sy het haar bene geroer sodat die nagemaakte blomme op haar hoed soos botterblomme in die wind geskoppelmaai het (D. v. Niekerk: Gannavlei2, 1961, 206).

Deel op Sosiale Media