• 11/11/2022

slakkepos

(slak-ke-pos) s.nw. (skertsend)

Gewone pos wat deur ’n poskantoor hanteer word en wat in vergelyking met moderne elektroniese kommunikasiemiddele stadig en baie meer arbeidsintensief is; sin. sloerpos (minder gebruiklik): Inskrywings vir die kompetisie sal … slegs elektronies gestuur kan word. Net die groter kunswerke kan per slakkepos gestuur word (Beeld, 2 Jun. 2014, E). Waar lesers voorheen hul briewe per slakkepos moes stuur om hul mening te lug, kan hulle nou deur die sosiale media soos Facebook, Twitter en per SMS van hulle laat hoor (Volksbl., 18 Nov. 2014, E).

Deel op Sosiale Media