• 04/02/2022

sloertoer

(sloer-toer) s.nw., sloertoere.

Reis wat rustig onderneem word, soms sonder baie beplanning vooraf, en waar verskillende plekke aangedoen word: Op ’n sloertoer gaan. ’n Sloertoer onderneem. ≈ Moenie deur die Karoo wil jaag nie … Kom, ek neem julle op n sloertoer om besienswaardighede in hierdie dorre streek te besoek (Netwerk24, 14 Jun. 2020, E). In Die Roadtrip is die hoofkarakters Jaco en Belarus op die pad. Die plan is n sloertoer van suid na noord om n bietjie van alles af weg te kom (Netwerk24, 9 Mei 2019, E).

Deel op Sosiale Media