• 08/01/2024

sonaanbidder

(son-aan-bid-der) s.nw., sonaanbidders.

1 Iem. wat graag sonbaai of uit eie keuse lang tye i.d. son deurbring: “Sonaanbidders en strandlêers” het ná die lang naweek nie veel om te wys vir hul urelange en daelange aanbiddery en lêery nie — die son wou nie saamspeel nie (Die Burger, 12 Okt. 1971, 4). Die vel is nie die enigste deel van jou liggaam wat teen UV-strale beskerm moet word nie. Sonaanbidders is verál geneig om haarskade op te doen (Landbouweekblad, 24 Jun. 2005, E).
2 Aanbidder v.d. Egiptiese songod Ra of ander songod, of iem. wat die son as ’n godheid aanbid.

Deel op Sosiale Media