• 29/12/2023

sonnejaar

(son-ne-jaar) s.nw., sonnejare. Ook sonjaar.

Tyd wat dit die aarde neem om een keer om die son te draai, nl. 365 dae, 5 uur, 48 minute en 45 sekondes; sin. astronomiese jaar, tropiese jaar; onderskei van maanjaar: In die ruïnes van hulle (die Majas se) stad is daar ’n sterrewag met siglyne in die toring vir die waarneming van nagewenings, sonkeerpunt en ander belangrike punte van die sonnejaar (Veldtr., Okt. 1967, 17). Daar is (i.d. tyd van Konstantyn) besluit om Christus se opstanding aan die sonnejaar en aan Caesar se kalender te verbind (TNT, Mrt. 2001, 19).

Deel op Sosiale Media