• 12/05/2023

sonplaas

(son-plaas) s.nw., sonplase.

Uitgebreide oppervlakte met onderling geskakelde sonpanele daarop opgerig om elektrisiteit te lewer: Noordwes het … ’n sonplaas gekry … Die krag sal aan die Eskom-netwerk oorgedra word. Die sonplaas … bestaan uit 29 808 fotovoltaïese … eenhede, 11 kragomskakelaars en ’n substasie (Netwerk24, 28 Mei 2013, E). Die nuwe aanleg in Henneman sal strukture vervaardig wat gebruik word om sonpanele op groot sonplase te monteer (Netwerk24, 11 Jun. 2015, E).

Deel op Sosiale Media