• 16/04/2021

soutsak sit

of soms soutsaksit

idiomatiese uitdr. (Ndl. als een zoutzak zitten, “gemaklik of futloos sit”)

1 Stewig of onbeweeglik sit.
2 Teenstand bied of probeer keer.
3 (ongewoon) Koes en swenk om iemand se vuiste te probeer ontduik: Ek moes net soutsak sit om nie raak geslaan te word nie. (Ook opgeteken in Namakwaland).
4 (ongewoon) Naby aan mekaar sit: Die kêrel en nooi gaan vanaand soutsak sit by die opsitkers.

Deel op Sosiale Media