• 11/10/2024

speeljantjie: nie speeljantjie se kêrel wees nie

idiomatiese uitdr.

Nie maklik om mee oor die weg te kom of in stryd mee te wees nie: My oom Floors sê nie ’n mens sleg nie, … die persoon sal ook maar liewer stilbly, … want hy is nou ten ene male nie speeljantjie se kêrel nie (H. Mulder: Gister, 1970, 29). (Ook opgeteken in Springbok).

Deel op Sosiale Media