sterkgevreet
b.nw. (geselstaal) Ook sterkgevriet of soms sterk gevreet of sterk gevriet.
Dapper, sterk of slim, dikw. op ’n uitdagende of parmantige manier wat met magsvertoon gepaard gaan; sin. sterkgesig (minder gebruiklik): Ou Tjappies wil hom nog sterkgevreet hou toe eet hy teer. ’n Vuishou tref hom onder sy kennebak en hy vlieg deur die lug (S. Smith in Son, 17 Mrt. 2014, 19).