• 05/11/2021

straatgans

(straat-gans) s.nw., straatganse. (skertsend)

Voetganger wat in stryd met verkeersreëls strate oorsteek waar daar geen voetoorgang is nie of wat verkeersligte wat tydelike voorrang gee vir voertuie, ignoreer; sin. bontloperMoenie ’n ander voetganger volg sonder om self op die verkeersligte te let nie — u is moontlik op die hakke van ’n straatgans! (Padverkeerskode, s.j., 22).  As u ’n straatgans is — die soort voetganger wat te onbedagsaam of ingedagte is om te berus by die reëls van verkeersveiligheid — loop u gevaar om ’n afspraak met die dood te hê as u die paaie bewandel (Huisgenoot, 18 Apr. 1947, 23).

Deel op Sosiale Media