• 05/03/2021

straks

bw. Ook strakkies en selde strak.

1 Miskien of dalk: Die hutte se deure was van loergate voorsien sodat die besoekers soggens kon vasstel of daar nie straks ’n leeu of ’n olifant voor die deur wag nie (Custos, Mei 1976, 15).
2 BINNEKORT: Hy sal straks hier wees. Dit sal straks duidelik word.
3 Kort gelede, ’n oomblik, rukkie of tydjie gelede, of nou net: Sy stem, straks so streng, is nou vriendelik, pleitend (J. v.d. Walt: Liefdeslied, 1967, 7).

Deel op Sosiale Media