• 07/05/2021

swanger

(swan-ger) b.nw.

1 a (ten opsigte van ’n vroulike persoon) In ’n toestand waar a.g.v. bevrugting een of meer embrio’s of fetusse in die baarmoeder aan die ontwikkel is; sinonieme verwagtend; boepens (plat): Sy is agt maande swanger.     
b (by die mens; ten opsigte van ’n paar) In ’n situasie of toestand waar ’n kind verwag word: Selfs voor ons uitgevind het ons is swanger, het ons van aanneming ook gepraat (Netwerk24, 27 Sept. 2019, E).  
2.
Wat met afwagting, belofte of verwagting gevul is: ’n Swanger oomblik, stilte.

Deel op Sosiale Media