27 Oktober 2024
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal moet teen 2028 voltooi wees. Die gedeelte oor die letter U, is pas afgehandel en aanlyn bekend gestel. Die eindredakteur van die WAT, Gerhard van Wyk, vertel vir Ina Strydom hoe die proses verloop, lig ’n paar interessanthede uit wat in die gedeelte voorkom, en vertel ook wat [...]
15 September 2024
Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Van die vrae wat bespreek word, sluit in: Wat is die herkoms van die uitdrukking “van die os op die jas” en waar kom die woord eweknie vandaan? Gerhard van Wyk en Alet Cloete van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is saam met Ina Strydom in die ateljee [...]
4 Augustus 2024
Weet jy waar kom die woord dronklap vandaan, en hoekom is dit die Australiese span en nie die Australiaanse span nie? Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is saam met Ina Strydom in die ateljee om dié en ander taalnavrae te beantwoord. https://omny.fm/shows/taaldinge/taaldinge-4-augustus-2024
30 Junie 2024
Wat is “hung parliament” in Afrikaans? Hoe word die woord helaas gebruik? En wat is volksetimologie? Dié en ander luisteraarsvrae word beantwoord deur Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ina Strydom stel die vrae namens die luisteraars. https://omny.fm/shows/taaldinge/taaldinge-30-junie-2024
31 Maart 2024
Die senior mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Alet Cloete, is saam met Ina Strydom in die ateljee om luisteraars se taalnavrae te beantwoord. Hulle bespreek onder meer die verskil tussen insette en insae, die herkoms van uitdrukkings soos “husse met lang ore” en “bossies het oë”, en die meervoud van keurspel. [...]
TaaldingeWAT_Admin2023-01-20T10:00:10+02:00