• 17/05/2024

tollos

(ook met ’n koppelteken tol-los) (tol-los) b.nw. (minder gebruiklik)

1 Heeltemal los: Met ’n paar plukke … het hy (die vis a.d. hoek) hewig protesteer teen hierdie hardhandigheid en toe ek effens laat skiet, het hy seker gedink hy is nou tollos, want net so vinnig as hy kon, het hy koers gevat (Joubert – Louw: Viswaters, 1947, 255).
■ Dikw. ook byw.: Altwee (die osse) het so groot geskrik dat hulle skoon onder die juk uitgespring … en tollos die veld in gehardloop het (Huisg., 4 Mei 1951, 14).
2 Heeltemal los of vry: As daar moeilikheid kom, ry jy en ek aan die pen en hy is tollos (G. Lampen: Skaduwees, 1942, 93).
■ Dikw. ook byw.: Daar was gevalle waar manne tol-los gepleit is (Agter Tralies, 1953, 112).
Vgl. SKOTVRY.

Deel op Sosiale Media