• 10/11/2023

tonk

ww., het getonk. (krieket) (Eng.)

Aggressief kolf om binne ’n kort tydjie baie lopies aan te teken, veral m.d. slaan van grenshoue: Daar was ’n byvoorbaatse geweeklaag van die grasweduwees toe die nuus kom dat die Bokke Australië toe gaan om ’n paar balle te gaan tonk en slinger (Burg., 26 Okt. 1991, E). In my jong dae het ons gesê iemand tonk as hy vinnig lopies slaan. In die span was hy dan ook bekend as ’n tonker (Burg., 16 Nov. 1996, E).

Deel op Sosiale Media