• 18/05/2023

tonteldoos

(ton-tel-doos) s.nw., tonteldose; tonteldosie. (histories) Kokertjie, meestal van koper gemaak, ong. 9 cm lank en gevul met tontel, wat ’n dekseltjie aan ’n kettinkie a.d. een kant het en a.d. ander kant ’n koperproppie wat maklik i.d. kokertjie beweeg om die tontel na bo te druk soos wat dit verbrand, en wat saam met ’n vuurslag gebruik is om ’n pyp, vuur, of dergelike aan te steek: K. het my geleer hoe om met sy tonteldoos te werk: die vuurklip voor die bek van die tonteldoos te hou, met die vuurslag ’n vonkie in die tontel te slaan, saggies te blaas totdat dit gloei en die tontel dan op die twak in die pyp uit te kap (F.A. Venter: Kambrokind, 1979, 99).

tontel (ton-tel) s.nw. (histories) Vinnig ontvlambare plantaardige vesels of gebrande doek, veral linne, wat deur ’n vonk van ’n vuursteen kan vlamvat, en wat tipies gebruik word om ’n pyp mee op te steek of ’n vuur mee aan te steek.

Deel op Sosiale Media