• 22/03/2024

tutu

(tu-tu) s.nw., tutu’s. (Fr.)

Kort, ligte, uitstaande rompie, gew. van stywe materiaal gemaak, wat tipies deur ’n balletdanser, veral ’n ballerina, gedra word: Ons was almal soos balletdansers aangetrek; die meisies het elk ’n wit tutu aangehad (J. Meintjes: Dagb. I, 1961, 26). Wanneer die gordyne in die Nico oopskuifel, die mense in die gehoor vir oulaas fluister en die tutu’s agter haar sag ruisel, is D.S. in haar element (Burg., 18 Apr. 1997 7).

Deel op Sosiale Media