ululeer
(u-lu-leer) ww., het geüluleer; byv. en byw. ululerende, ululerend.
’n Harde, trillende en uitgerekte geluid voortbring deur ’n herhaalde, vinnige beweging v.d. tong en kleintongetjie, gew. om uiting te gee aan vreugde of sterk emosie, veral deur vroue en veral in lande suid v.d. Sahara: Die skoolhoof, Maria Mahlakoana, kan nie ophou ululeer … nie. Sy het 20 iPads vir die skool gewen (Huisg., 28 Aug. 2013, 26). Sy behoort te ululeer soos die Zoeloe-vroue by ta’ Christine se asstrooiing geüluleer het nadat hulle haar tante die hiernamaals ingestuur het (C. Fritze: Verlorenkop, 2016, 262).