• 28/04/2022

Wenner van die Borg ’n Woord-Sanlamprys 2022

Die prystrekking van die wenner van R25 000, geborg deur Sanlam, het onlangs plaasgevind. Almal wat die afgelope jaar die WAT ondersteun het deur ’n woord te borg of te koop, het gekwalifiseer vir die gelukkige trekking.

Die trekking vir die Borg ’n Woord-Sanlamprys is waargeneem deur die voorsitter van die WAT Direksie, prof.  Hester Klopper.  Saam met haar is dr. Willem Botha en mnr. Abdul-Rashied Essop van Sanlam.

Die wenners is Werner, Renier en Wouter Stapelberg. Hulle het die woord legende gekoop.

Deel op Sosiale Media