• Wenner van die Borg ’n Woord-Sanlamprys 2022

    Die prystrekking van die wenner van R25 000, geborg deur Sanlam, het onlangs plaasgevind. Almal wat die afgelope jaar die WAT ondersteun het deur ’n woord te borg of te koop, het gekwalifiseer vir die gelukkige trekking. Die trekking vir die Borg ’n Woord-Sanlamprys is waargeneem deur die voorsitter van die WAT Direksie, prof.  Hester [...]

  • WAT verteenwoordig in Taalkommissie

    Twee van die WAT se mederedakteurs, me. Jana Luther en mnr. Fred Pheiffer, is onlangs tot die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns verkies. Hierbenewens is die WAT se uitvoerende direkteur en hoofredakteur, dr. Willem Botha, asook die twee mederedakteurs dr. Gerda Odendaal en me. Charléne de Kock, tot die nuutgestigte [...]

  • UP-studente besoek die WAT

    ’n Groep studente van Universiteit Pretoria se Departement Afrikaans onder leiding van proff. Hein Willemse en Nerina Bosman, dr. Joanine Nel, en mes. Tercia Klopper en Suléne Pilon, het op 4 Februarie 2022 die WAT besoek. Me. Alet Cloete, ’n senior mederedakteur van die WAT, het hulle touwys gemaak.

  • Vakante betrekking: Kantoorbestuurder

    KANTOORBESTUURDER Die suksesvolle Afrikaanssprekende kandidaat moet oor besondere taal- en rekenkundige vaardigheid beskik. Kwalifikasie:  Toepaslike tersiêre opleiding in algemene en finansiële administrasie Ervaring:  10 jaar bewese ervaring in kantoorbestuur Ander vereistes: Uitstekende administratiewe en kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels Bewese rekenaarvaardigheid in veral MS Word, MS Outlook en MS Excel Bewese kennis van finansiële administrasie [...]

  • Amanda Strydom en Hannes van Wyk as beskermvrou en beskermheer aangewys

    Ons maak vanjaar geskiedenis met die aankondiging dat Borg ’n Woord vir 2021 – 2022 beide ’n beskermvrou en beskermheer het! Amanda Strydom en Hannes van Wyk is onderskeidelik beskermvrou en beskermheer. Elkeen van hulle lewer hul eie pleidooi waarom u aan Borg ’n Woord moet deelneem. Ondersteun asseblief hierdie projek wat nou in sy twaalfde [...]